Patriotte vir Europa

Patriotte vir Europa (PfE or P4E) is 'n nuwe groep in die Europese Parlement wat gevorm is in Julie 2024 ná die ontbinding van die Identiteit en Demokrasie-groep.

Die voormalige sekretaris-generaal van die Identity & Democracy-groep, Philip Claeys, sal die nuwe groep se sekretaris-generaal wees, sy mees kragtige administratiewe rol.

Die initiatief is deur die Hongaarse premier Viktor Orbán geneem en die toevoeging van 30 LEP's van die Franse Rassemblement National (RN) beteken dat P4E die Parlement se derde grootste groep is met 'n gemaklike marge, met 84 wetgewers uit 12 lande. Die nuwe leier in Jordan Bardella van die Franse RN[1]

Die meeste lede kon uit die ou I&D groep, maar daar is ook lede wat uit ander groepe gekom het of wat nuut in die parlement is.

Nasionale Party Land Setels Voorheen
Fidesz Hongarye 10 EPP
Christ. Dem. Volksparty Hongarye 1 EPP
FPÖ Oostenryk 6 I&D
RN Frankryk 30 I&D
Vlaams Belang België 3 I&D
PVV Nederland 6 I&D
Lega Italië 8 I&D
Chega Portugal 2 ongebonde
Letland Eers Letland 1 ongebonde
Vox Spanje 6 ECR
ANO Tjseggië 7 Hernu
Eed Tsjeggië 2 ongebonde
Volksparty Denemarke 1 I&D
Stem van rede Griekeland 1 ongebonde
  1. "Patriots for Europe becomes EU parliament's 3rd-largest group, picks Jordan Bardella as president". politico.

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Tubidy